Studentgesentreerde leer

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Studentgesentreede leer (of leerdergesentreerde onderwys) verwys na ’n verskeidenheid van metodes van onderrig waar die fokus op onderrig van die onderwyser na die student toe skuif. Studentgesentreerde leer se hoofdoel is om leerder-outonomie en onafhanklikheid te ontwikkel deur verantwoordelikheid van die leerpad in die hande van studente te plaas. Dit kan gedoen word deur vaardighede aan leerders oor te dra as ook die basis van hoe ’n spesifieke vak bemeester moet word en wat die persentasievereistes is. Studentgesentreerde onderrig fokus op vaardighede en praktyke wat lewenslange leer en onafhanklike probleemoplossing moontlik maak vir leerders.

Studentgesentreerde leerteorie en -praktyk is gebaseer op die konstruktiewe leerteorie wat die leerder se kritieke rol in die konstruering van betekenis uit nuwe inligting en vorige ervaring beklemtoon. In studentgesentreerde leer dien onderwysers as kundiges en sleutelbronne van kennis, en studente deel verantwoordelikheid om toegang tot daardie kennis te verkry. Studentegesentreede leer skep ’n omgewing waar die kennis wat deur leerders ervaar word ’n verskeidenheid van leerkulture insluit.

Die groeiende tegnologie het ’n groot impak wanneer dit kom by die implementering van die studentgesentreerde leer. Die COVID-19 pandemie het ’n groot rol gespeel, omrede leerders verantwoordelik was vir hulle eie leer deur die gebruik van tegnologiese toestelle en verskeie aanlynstudietoeps. Die pandemie het ’n studentgesentreerde leeromgewing geskep en terselfdertyd leerders beïnvloed om meer aandag te gee aan hulle verskillende leerstyle. Bykomend tot die praktiese onderwyservaring, is opvoedkundige tegnologie gebaseer op teoretiese kennis uit verskeie dissiplines soos kommunikasie, onderwys, sielkunde, sosiologie, kunsmatige intelligensie en rekenaarwetenskap.

Studentgesentreerde leer plaas die leerders se belange eerste deur studente se inspraak te erken as sentraal tot elke leerervaring. In ’n studentgesentreerde leeromgewing kies die leerders war hulle will leer, hoe hulle dit gaan leer, hoe hulle hul leer sal plaas, en hoe hulle hul eie werk sal assesseer deur die rol van fasiliteerder van die klaskamer te speel. Dit is in teenstelling met tradisionele onderwys, ook gedoop as “onderwysergesentreerde leer”, waar die onderwyser die primêre “aktiewe” rol speel terwyl die leerders ’n meer “passiewe”, ontvanklike rol speel. In ’n onderwysergesentreerde klaskamer kies onderwysers wat die leerders moet leer, hoe die leerders gaan leer en hoe die leerders geassesseer gaan word. Studentgesentreerde leer vereis weer van leerders om aktiewe, verantwoordelike deelnemers van hul eie leer te wees en by hulle eie tempo van leer te hou.

Die gebruik van die term “studentgesentreerde leer” kan ook bloot verwys na opvoedkundige ingesteldhede of onderrigmetodes wat individuele verskille by leerders herken. In hierdie geval beklemtoon studentgesentreerde leer elke leerder se belangstellings, vermoëns en leerstyle, wat die onderwyser as ’n fasiliteerder van leer op die individue as op die klas as ’n geheel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne